Ooreenkoms soos aangegaan deur die Onafhanklike Entrepreneurs Vereniging (O.E.V) van Mosselbaai en die Ondergetekende Uitstaller/Stalletjiehouer.
Agreement as entered into by the Independent Entrepreneurs Association (I.E.A.) of Mosselbay and the Undersigned Displayer/Stallholder.
OOREENKOMS:
AGREEMENT:
Enige aansoeker vir uitstalruimte moet 18 jaar oud wees om vir uitstalruimte aansoek te doen. Slegs een aansoeker per uitstalruimte. Vir die doeleindes van hierdie ooreenkoms sal enige verwysing na die uitstaller/stalletjiehouer of enige soortgelyke verwysings in enige ander dokumente wat op die O.E.V of Mosselbaai Munisipaliteit of A.T.K.V van toepassing is, in of die enkelvoud of meervoud wees indien van toepassing. Hierdie ooreenkoms behels die kennisname van en die nakoming van die reels en regulasies soos neergele en bepaal.
Any applicant for exhibiting space must be 18 years old to apply for exhibiting space. Only one applicant per exhibiting space. For the purpose of this agreement any reference to the displayer/stallholder or any like references in any other documents that apply to the I.E.A or Mossel Bay Municipality or A.T.K.V will be in either the singular or plural if applicable. This agreement concerns the taking of notice and abiding by the rules and regulations as laid down and stipulated.
Die oorspronklike aansoek vir 'n stalletjie en lidmaatskap, tesame met hierdie ooreenkoms, vorm 'n eenheid. As sodanig moet beide volledig voltooi en behoorlik deur die uitstaller onderteken word voordat die toegekende stalletjieruimte van krag word.
The original application for a stall and membership, together with this agreement form a unit. As such both have to be completed in full and duly signed by the displayer before the allocated stall space comes into force.
Geen stalletjiehouer verkry enige gevestigde belang nie, behalwe 'n tydelike voorwaardelike reg vir 'n spesifieke vakansietydperk op en van toepassing op enige beskikbare uitstalruimte toegeken of voorsiening van elektrisiteit by enige beskikbare voorsieningspunt, en aanvaar absoluut dat die toekenning van stalletjieruimte by enige toepaslike uitstalgebied die absolute prerogatief van die O.E.V bestuur is.
No stallholder obtains any vested interest except a temporary conditional right for a specific holiday period at and applicable to any available exhibiting space allocated or supply of electricity at any available supply point and accept absolutely that their allocation of stall space at any applicable exhibiting area is the absolute prerogative of the I.E.A. management.
Geen aanspraak kan op enige spesifieke of enige uitstalruimte hoegenaamd gemaak word nie. Elke vakansietydperk is 'n nuwe vakansietydperk waarvoor weer aansoek gedoen moet word.
No claim can be made to any specific or any exhibiting space whatsoever. Each holiday period is a new holiday period for which application has to be made for again.
1. Waar die woord "uitstaller" gebruik word, sluit dit ook enige personeel in diens van die stalletjiehouer in.
1. Whenever the word "displayer" is used it also includes any personnel employed by the stallholder.
1.1 By versuim om volle betaling voor of op 7 Maart 2026 te maak en sonder enige teenstrydige reeling met die O.E.V in plek, sal die aansoek sonder verdere kennisgewing gekanselleer word. Die stalletjieruimte sal dan aan 'n ander aansoeker toegeken word. Wanneer 'n uitstaller nie van sy staanplek gebruik kan of wil maak nie, sal die staanplek na die O.E.V terugval en aan iemand anders gegee word. Onderverhuring sal onder geen omstandighede geduld word nie.
1.1 Failure to effect full payment on or before the 1 November 2026 and without any contrary agreement with the I.E.A in place, the application will be cancelled without further notice. The stall space will then be allocated to another applicant. When a displayer cannot or does not want to make use of his stand, the stand will revert back to the I.E.A and given to someone else. Sub-letting will not be tolerated under any circumstances.
1.2 Die O.E.V behou die reg voor om enige produk, volgens sy diskresie, waarvoor toestemming vir verkoopsdoeleindes nie verkry is nie, te verwyder.
1.2 The I.E.A reserves the right to remove any product, which in its discretion, permission for sale purposes has not been obtained.
1.3 Die O.E.V waarborg op geen wyse die kwaliteit van enige stalletjieruimte toegeken nie. Die onus rus geheel en al op die uitstaller om voor die aanvang van die seisoen presies seker te maak waar sy staanplek gelee is. Die O.E.V aanvaar op geen wyse verantwoordelikheid indien die goedgekeurde produkte nie op die toegekende stalletjieruimte verkoop nie.
1.3 The I.E.A does not in any way guarantee the quality of any stall space allocated. The onus is entirely on the displayer to make sure before the start of the season exactly where his stand is situated. The I.E.A does not in any way accept responsibility if the approved products do not sell on the stall space allocated.
1.4 Die uitstaller en sy personeel (die uitstaller is te alle tye verantwoordelik vir die optrede en gedrag van sy werknemers) onderneem om nie enige voertuig/e of sleepwaens voor sy/haar stalletjie of voor enigiemand anders se stalletjie te parkeer nie.
1.4 The displayer and his personnel (the displayer is at all times responsible for the actions and behaviour of his employees) undertake not to park any vehicle/s or trailers in front of his/her stall or in front of anybody else's stall.
Santos - parkering onder die bome en nie langs die stalletjie of op die spoorlyn nie.
Santos - parking under the trees and not next to stall or on the railway line.
Kleinbrak - parkeer so na as moontlik aan die ablusieblok. (Nie aan die seefrontkant nie.)
Kleinbrak - parking as close as possible to the ablution block. (Not on the seafront side.)
1.5 Onhanteerbare kinders - Die reg van elke stalletjiehouer om in 'n rustige omgewing handel te dryf moet gerespekteer word. Onhanteerbare kinders moet deur hul ouers gedissiplineer word. Hulle ontwrig oor die algemeen die mark en kan ook 'n openbare oorlas wees.
1.5 Unruly children - The right of each and every stallholder to conduct trade in a peaceful environment must be respected. Unruly children must be disciplined by their parents. They generally disrupt the market and may also be a public nuisance.
Geen bestellings mag op die laaste handelsdag verpak word nie, aangesien sodanige optrede gesien en hanteer sal word as oppak om die mark te verlaat. Alle stalletjies moet presies bly soos hulle gedurende die handelseisoen was tot 15h00 die middag van die laaste dag.
No orders may be packaged on the last day of trading as such action will be seen and treated as packing to depart from the market. All stalls must stay exactly as they were during the trading season till 15h00 in the afternoon of the last day.
Niemand sal na sluitingstyd weer in hul permanente Joubert Park stalletjies toegelaat word nie. Geen stalletjies mag voor 7h00 opgerig word nie.
Nobody will be allowed back in their permanent Joubert Park stalls after closing time. No stalls are permitted to setup their stalls before 7h00.
Besigheidsure sal wees van (10h00 - 18h00) ingevolge reelings in plek. U moet daagliks nie later as (09h30) op u toegekende uitstalruimte wees nie en teen 10:00 gereed wees om handel te dryf. Almal moet op die laaste dag handel dryf tot en met sluiting van O.E.V besigheid, wat 15h00 is.
Business hours will be from (10h00 - 18h00) according to arrangements in place. You have to be at your exhibiting space allocated not later than (09h30) daily and be ready to trade by 10:00. Everybody must trade on the last day up and till close of I.E.A business which is 15h00.
Alle kosstalletjies by enige uitstalgebied (Joubert Park uitgesluit) moet skriftelike toestemming verkry om later as 18:00 op enige dag handel te dryf. Indien hieraan nie voldoen word nie, sal die stalletjieruimte, na 'n ondersoek, gekanselleer word. Die besluit van die aangestelde Dagkomitee sal finaal wees. Niemand mag later as 22:00 op enige dag by enige stalletjiegebied handel dryf nie. Elke stalletjiegebied moet teen 23:00 op enige dag totaal ontruim wees - geen voorraad, voertuie ens. Elektrisiteitsverbruikers wat na 17:00 wil handel dryf mag 'n addisionele bedrag betaal soos van tyd tot tyd deur die O.E.V bestuur bepaal. Oortreding van hierdie reel kan daartoe lei dat stalletjieruimte onmiddellik na 'n ondersoek herroep word. Die besluit van die Dagbestuur in die verband sal finaal wees. Indien enigiemand om een of ander rede moet ophou handel dryf, moet sy stalletjieruimte binne 1 uur vanaf staking van handel tot vertrek totaal ontruim en skoon wees. Alles moet in sulke omstandighede van die betrokke stalletjieruimte verwyder word. Niemand mag vir 'n lang tyd met 'n hoop goedere reeds opgepak in sy stalletjieruimte wag sonder om handel te dryf terwyl die mark nog in volle gang is nie. Geen ongebruikte voertuie waaruit nie handel gedryf word nie (koswaens, soft serve ens.) mag te eniger tyd op uitstalruimte gestoor word nie.
All food stalls at any exhibiting area (excluding Joubert Park) must obtain written permission to trade later than 18:00 any day. If this is not adhered to, the stall space will, after investigation, be cancelled. The decision of the appointed Day Committee will be final. Nobody may trade later than 22:00 on any day at any stall area. Each stall area must be totally evacuated by 23:00 on any day - no stock, vehicles etc. Electricity users who wish to trade after 17:00 may have to pay an additional amount as determined by the I.E.A management from time to time. Contravening this rule can result in stall space being revoked immediately after an investigation. The decision of the Day management in this regard will be final. If anybody for some or other reason has to stop trading then his stall space must be totally vacated and clean within 1 hour from ceasing trade to departure. Everything must be removed from the applicable stall space in such circumstances. Nobody is allowed to wait in his stall space with a heap of goods already packed for a long time without trading while the market is still in full swing. No unused vehicles from which no trading is applicable (food wagons, soft serve etc.) may at any time be stored on exhibiting space.
Joubert Park - Toilette by Carney woonstelle (ATKV) langs Joubert Park mag onder geen omstandighede deur stalletjiehouers vir enige rede gebruik word nie. Dit is privaat eiendom.
Joubert Park - Toilets at Carney flats (ATKV) adjacent to Joubert Park may under no circumstances be used by stallholders for any reason. It is private property.
Rotsblokke sal om 9h30 gelig en om 18h15 neergesit word - Desember vakansietydperk.
Boulders will be lifted at 9h30 and set down 18h15 - December holiday period.
Rotsblokke sal om 9h30 gelig en om 17h15 neergesit word - Maart vakansietydperk.
Boulders will be lifted 9h30 and set down 17h15 - March holiday period.
1.6 Handelsure vir die aandmarkte is soos volg: Aandmarkte - Slegs van toepassing gedurende die Desember vakansietydperk. Die aandmarkte begin om 17:00. Dit is verpligtend vir alle stalletjiehouers te Joubert Park sowel as die in die straat langs Joubert Park (Munisipale stalletjies) en alle stalletjies oorkant Alikreukel Woonstelle om die aandmarkte by te woon en daaraan deel te neem. Geen aandmarkte in die Maart-seisoen nie.
1.6 Trading hours for the evening markets are as follows: Evening Markets - Only applicable during the December Holiday period. The night markets will commence at 17:00. It's compulsory for all stallholders at Joubert Park as well as those in the street adjacent to Joubert Park (Municipal Stalls) and all stalls opposite Alikreukel Flats to attend and participate at night markets. No night markets in the March season.
1.7 Die uitstaller onderneem om by die voorgeskrewe handelsure soos neergele te hou en om nie sonder gegronde rede vroeer op te pak nie. Niemand word verwag om in ongunstige weer, bv. winderige of reenerige toestande, handel te dryf nie - kontroleer egter eers met die O.E.V Beampte voordat u oppak. Dit is ook die keuse van die stalletjiehouer om op Sondae en Openbare Vakansiedae handel te dryf. Die O.E.V beampte moet vooraf in kennis gestel word van die dae waarop stalletjieruimte nie beset sal wees nie.
1.7 The displayer undertakes to adhere to the stipulated trading hours as laid down and not to pack up earlier without due cause. Nobody is expected to trade in inclement weather e.g. windy or rainy conditions, however, check with the I.E.A. officer before you pack up. It is also the choice of the stallholder to trade on Sundays and Public Holidays. The I.E.A official must be notified ahead of time of the days that stall space will not be occupied.
Alle stalletjiehouers, wie u ook al is en wat u ook al verkoop, moet alle besigheid streng vanaf die toegekende uitstalruimte bedryf. Dit is verbode om die publiek op enige wyse te oorreed om u produkte te koop !!! Die publiek mag nie op enige wyse gepla of geintimideer word om enige besigheid te ondersteun nie. Niemand mag in die laan of op die sypaadjie afloop om met moontlike klante te praat, te roep of te skree nie. Bly binne u grense en tree ordentlik op.
All stallholders whoever you are and whatever you are selling must conduct all business strictly from such allocated exhibiting space. It is prohibited to entice the public in any way to buy your products !!! The public may not be bothered or intimidated in any way to support any business. Nobody may walk down the lane or pavement to talk, call or shout to possible customers. Stay within your boundaries and act decently.
1.8 Geen troeteldiere word op die staanplekke toegelaat nie. (Geen uitsonderings sal toegelaat word nie.)
1.8 No pets are permitted on the stands. (No exceptions will be allowed).
1.9 Die O.E.V behou die reg voor om, nadat die uitstaller/s tyd gegun is om verweer te lewer, hom/haar na eie diskresie te skors weens wangedrag of die nie-nakoming van die reels en regulasies soos neergele. In so 'n geval sal die stalletjie na die O.E.V terugval met dien verstande dat geen gelde terugbetaal sal word nie.
1.9 The I.E.A reserves the right, after allowing the displayer/s time to argue in his/her defence, to expel him/her at its discretion, for bad conduct or for not adhering to the rules and regulations as laid down. In this event the stall will revert back to the I.E.A with the understanding that no monies will be refunded.
1.10 In die geval van enige dispuut stem die uitstaller in om 'n O.E.V komiteebesluit of die van die aangestelde O.E.V Verteenwoordiger as finaal en bindend te aanvaar.
1.10 In the event of any dispute arising the displayer agrees to accept an I.E.A committee decision or that of the appointed I.E.A Representative as final and binding.
Waarskuwingsproses: Enige reel waaraan nie voldoen word nie - 'n waarskuwing word gegee. So 'n stalletjiehouer het 2 dae om te appelleer. Die appel moet binne 2 dae na ontvangs van die waarskuwing by Mnr. J. Coetzee ingedien word, waarna Mnr. J. Coetzee terugvoer sal gee of die waarskuwing staan of nie.
Warning Process: Any rule that is not adhered to - a warning is given. Such a stallholder has 2 days to appeal. The appeal must be submitted to Mr J. Coetzee within 2 days of receiving the warning, after which Mr J. Coetzee will give feedback if the warning stands or not.
1.11 Rook, Vaping, gebruik van hookah-pype, Dwelms en Drank Verbode: Ingevolge die wet (Staatskennisgewing R264 van 30 Maart 2012 soos gewysig - "Tobacco Products Control Act", 1993 (Wet No. 83 van 1993)) is die rook van enige tabakproduk verbode by enige buitelug-geleentheid wat deur mense bygewoon word (markte ingesluit). Geen persoon mag enige tabakproduk in enige openbare plek rook nie! U as stalletjiehouer word hiermee verbied om enige tabakproduk in u stalletjie, voor iemand anders se stalletjie of binne 10m van enige uitstaller se stalletjie te rook. Alle uitstallers en hul personeel onderneem om te alle tye gedurende handelsure geen drank in hul stalletjieruimte te gebruik of byderhand te he nie, behalwe indien so toegelaat deur die Drankraad. Elke stalletjiehouer sowel as personeel wat deur hulle in diens geneem mag word, stem hiermee in om deur die O.E.V Beampte getoets te word vir die onder die invloed wees van drank of dwelms indien nodig geag. Sodanige besluit is die prerogatief van die O.E.V Beampte. Die gebruik van dwelms word ook nie toegelaat nie. Oortreding in hierdie verband sal lei tot onmiddellike kansellasie en ontruiming van stalletjieruimte.
1.11 Smoking, Vaping, using of hookah pipes, Drugs & Liquor Prohibited: In accordance with the law (Government Notice R264 of 30 March 2012 as amended "Tobacco Products Control Act, 1993 (Act No. 83 of 1993)), smoking any tobacco product is prohibited at any outdoor event attended by people (markets included). No person may smoke any tobacco product in any public place! You as a stallholder are hereby prohibited to smoke any tobacco product in your stall, in front of somebody else's stall or within 10m of any exhibitor's stall. All displayers and their personnel undertake not to consume or have any liquor on hand in their stall space at any time during trading hours, except if so permitted by the Liquor Board. Each stallholder as well as personnel who might be employed by them hereby consent to be tested by the I.E.A Officer for being under the influence of liquor or drugs if deemed necessary. Such decision to be the prerogative of the I.E.A officer. The use of drugs is also not permitted. Contravention in this regard will lead to immediate cancellation and evacuation of stall space.
1.12 Niemand sal te eniger tyd vuil taal gebruik nie, hetsy teenoor sy/haar mede-uitstaller of teenoor enige lid van die publiek. Sodanige gedrag sal onmiddellike dissiplinere optrede tot gevolg he.
1.12 Nobody will at any time use foul language, either to his/her fellow displayer or to any member of the public. Such behaviour will call for immediate disciplinary action.
1.13 Enige gewelddadige optrede, soos bakleiery of die gebruik van 'n wapen of intimidasie, hetsy teenoor die publiek of 'n mede-uitstaller, sal onmiddellike ontslag uit die O.E.V tot gevolg he. Elke stalletjiehouer moet hom/haar tot sy/haar eie uitstalruimte beperk en mag op geen wyse voorskriftelik teenoor enigiemand of enige ander stalletjiehouer wees of met sodanige stalletjiehouers inmeng nie. Elke stalletjiehouer het die reg om in vrede handel te dryf sonder inmenging van enige ander stalletjiehouer/s. Geen stalletjiehouer het die reg om die harmonie tussen ander stalletjiehouers te versteur of deur sy/haar optrede die lewe vir enige ander stalletjiehouer/s moeilik te maak nie. Enige probleme moet direk by die O.E.V Beampte aangemeld word en nie direk met 'n ander stalletjiehouer/s opgeneem word nie. Afwyking van bogenoemde sal in 'n ernstige lig beskou word. Die O.E.V bestuur het die prerogatief om oor die nodige optrede te besluit, byvoorbeeld of 'n waarskuwing voldoende sou wees, of 'n besluit in plek gestel moet word, of indien van toepassing die oortreding dissiplinere optrede regverdig.
1.13 Any violent action, such as fighting or the use of a weapon or intimidation either to the public or a fellow displayer will result in immediate dismissal from the I.E.A. Each stallholder must confine him/herself to his/her own exhibiting space and may in no way be prescriptive to anybody or any other stallholder or interfere with such stallholders. Each stallholder has the right to trade in peace without interference from any other stallholder/s. No stallholder has the right to disturb harmony between other stallholders or through his/her actions make life difficult for any other stallholder/s. Any problems must be reported directly to the I.E.A. officer and not be directly taken up with another stallholder/s. Deviation from the above will be viewed in a serious light. The I.E.A. management has the prerogative to decide on necessary action for example if a warning would be sufficient, or a decision to be put in place or if applicable transgression justified disciplinary action.
1.14 Alle strukture, sleepwaens en koswaens moet elke aand in geheel verwyder word, behalwe by Joubert Park / ATKV. Elke stalletjiehouer moet sy/haar eie tydelike struktuur voorsien (gazebo, koswa ens.). Elke stalletjiehouer moet onder of uit 'n goedgekeurde struktuur handel dryf. Sodanige struktuur moet netjies van voorkoms wees. Niemand sal toegelaat word om in die oopte op enige toegekende stalletjieruimte handel te dryf nie. Geen permanente strukture word toegelaat nie, behalwe soos goedgekeur op A.T.K.V (Joubert Park). Die onus rus op elke stalletjiehouer om sy/haar eie tydelike struktuur te voorsien en dit in 'n aansienlike toestand te hou sodat dit tot die algemene voorkoms van die mark kan bydra. 'n Uitstaller moet sy/haar uitstalruimte totaal ontruim binne een uur nadat hy/sy begin oppak het. Niemand mag na een uur vandat begin oppak is op sy/haar uitstalruimte met sy stalletjie opgepak wag om deur iemand gehaal te word nie. Alle Munisipale gebiede moet binne een en 'n half uur na marksluiting heeltemal ontruim wees.
1.14 All structures, trailers and food wagons must be removed in their entirety each and every night except at Joubert Park / ATKV. Each stallholder has to provide his/her own temporary structure (gazebo, food wagon etc.). Each stallholder must either trade from under or out of an approved structure. Such structure used must be neat in appearance. Nobody will be allowed to trade in the open on any stall space allocated. No permanent structures are allowed except as approved on A.T.K.V (Joubert Park). The onus is on each and every stallholder to provide his/her own temporary structure and to keep it in a presentable condition so that it can contribute and enhance the general appearance of the market. An exhibitor must vacate his/her exhibiting space totally within one hour after he/she started packing up. Nobody may wait on his/her exhibiting space with his stall packed up to be fetched by somebody after one hour of starting to pack up. All Municipal areas must be completely vacated within one and a half hours of market closing.
Geen laai of aflaai van voorraad by Joubert Park gedurende die loop van die dag nie - gebruik slegs die laaisone voor die bushalte.
No loading or unloading of stock at Joubert Park during the course of the day - use only the loading zone in front of the bus stop.
Niemand sal toegelaat word om in hul uitstalruimte by Joubert Park te slaap nie.
Nobody will be allowed to sleep in their exhibiting space at Joubert Park.
1.15 Enige onreelmatighede of oortreding van die reels moet binne 24 uur skriftelik by die O.E.V Beampte aan diens aangemeld word. Slegs skriftelike klagtes sal ondersoek word.
1.15 Any irregularities or transgression of the rules must be reported in writing to the I.E.A Official on duty within 24 hours. Only complaints in writing will be investigated.
1.16 Elke uitstaller is verantwoordelik vir die higiene en netheid van sy/haar stalletjie. Stalletjieruimte moet aan die einde van elke handelsdag in 'n skoon en netjiese toestand gelaat word. Dit is verbode om ankermateriaal (klippe, sandsakke ens.) op u stalletjieruimte of op enigiemand anders se stalletjieruimte te laat. Alles moet daagliks verwyder word. Uitstalruimte moet na ontruiming in 'n skoon toestand gelaat word. Munisipale vullisdromme is vir gebruik deur die vakansiegangers. Swartsakke word aan stalletjiehouers voorsien. Alle stalletjiehouers moet hul vullis en vuil water elke dag huis toe neem vir wegdoening.
1.16 Every displayer is responsible for the hygiene and the tidiness of his/her stall. Stall space must be left in a clean and neat condition at the end of every trading day. It is prohibited to leave anchor material (stone, sandbags etc.) on your stall space or on anybody else's stall space for that matter. Everything must be removed daily. Exhibiting space after vacation must be left in clean condition. Municipal rubbish bins are for use by the holidaymakers. Black bags are supplied to stallholders. All stallholders must take their rubbish and dirty water home every day for discardment.
1.17 Elke uitstaller onderneem om binne die grense van sy/haar toegekende ruimte te bly. Oortredings sal in 'n ernstige lig beskou word. Niemand mag enigiets teen die Alikreukel-muur stoor of enigiets daaroor hang nie. Hierdie muur vorm nie deel van enige uitstalruimte nie.
1.17 Each displayer undertakes to keep to the boundaries of his/her allocated space. Transgressions will be viewed in a serious manner. Nobody is allowed to store anything against the Alikreukel wall or hang anything over it. This wall does not form part of any exhibiting space.
Koswaens - Oorskryding in iemand anders se stalletjieruimte sal slegs toegelaat word nadat uitdruklike skriftelike toestemming van die buurman verkry is en dit na Mnr. J. Coetzee verwys is.
Food wagons - Transgression into somebody else's stall space will only be allowed after the express permission has been obtained in writing from the neighbour and referred to Mr. J. Coetzee.
Enigiemand wat betrap word dat hy teen die Alikreukel-muur urineer, sal onmiddellike ontslag in die gesig staar.
Anybody caught urinating against the Alikreukel wall will face immediate dismissal.
Geen sambreel mag die grense van enigiemand se toegekende uitstalruimte oorskry nie.
No umbrella may exceed the boundaries of anybody's allocated exhibiting space.
1.18 Geen uitstaller mag onder enige omstandighede die stalletjie vir kampeer- of oornagdoeleindes gebruik nie.
1.18 No displayer may under any circumstances use the stall for camping or overnight purposes.
1.19 In die geval dat 'n uitstaller, aan wie 'n stalletjie toegeken is en wat reeds van sy aanvaarding in kennis gestel is, besluit om na 1 November 2026 te kanselleer, moet hy daarop let dat wanneer stalletjies vir die volgende seisoen toegeken word, hy onderaan die waglys sal gaan.
1.19 In the event that a displayer, having been granted a stall, and already being notified of his acceptance, decides to cancel after 1 November 2026 he must take notice of the fact that when stalls are allocated for the next season, he will go to the bottom of the waiting list.
1.20 'n Kansellasiefooi van 10% van die totale gelde betaalbaar (stalletjiefooi en administrasiefooi) sal gehef word in die geval van 'n aansoek wat gekanselleer word en toestemming verleen word dat sodanige gelde terugbetaal word. Geen terugbetaling na 1 November 2026 nie. Die terugbetaalbare deposito sal onder sulke omstandighede ook verbeur word.
1.20 A cancellation fee of 10% of the total fees payable (stall fee and administration fee) will be levied in the case of an application cancelled and permission granted for such fees to be paid back. No refund after 1 November 2026. The refundable deposit will under such circumstances also be forfeited.
1.21 Die weer in Mosselbaai kan onvoorspelbaar wees. Geen terugbetalings weens slegte weer sal oorweeg word nie. Die O.E.V Beampte sal op die dag van slegte weer teen 10h00 'n besluit neem of die mark weens slegte weer sal sluit.
1.21 The weather in Mossel Bay can be unpredictable. No refunds due to bad weather will be considered. The I.E.A Officer will on the day of bad weather make a call by 10h00 if the market will close due to bad weather.
1.22 ALGEMENE VRYWARING Uitstalling sal te alle tye op die risiko van die suksesvolle uitstaller wees. Die O.E.V, Mosselbaai Munisipaliteit en A.T.K.V aanvaar op geen wyse verantwoordelikheid vir beserings, verlies of skade nie. Die uitstaller vrywaar hiermee onvoorwaardelik die O.E.V, Mosselbaai Munisipaliteit en A.T.K.V teen enige eise hoegenaamd.
1.22 GENERAL INDEMNITY Exhibiting would at all times be at the risk of the successful displayer. The I.E.A, Mossel Bay Municipality and A.T.K.V does not in any way accept responsibility for injuries, loss or damage. The Displayer hereby unconditionally indemnifies the I.E.A, Mossel Bay Municipality and A.T.K.V from any claims whatsoever.
1.23 Vrywaring - Elektrisiteit Elke goedgekeurde stalletjiehouer aan wie die tydelike voorlopige gebruik van elektrisiteit toegeken is, moet 'n afsonderlike vrywaring voor elke vakansietydperk ten gunste van die O.E.V en die Mosselbaai Munisipaliteit voltooi en sodanige dokument behoorlik onderteken voordat elektrisiteit vir gebruik beskikbaar gestel sal word. Versuim om hierdie dokument te onderteken sal daartoe lei dat elektrisiteit nie aan 'n stalletjiehouer beskikbaar gestel word nie.
1.23 Indemnity - Electricity Every approved stallholder to whom the use of temporary provisional use of electricity has been allocated must complete a separate indemnity form, before every holiday period, in favour of the I.E.A and the Mossel Bay Municipality and duly sign such document before electricity would be made available for use. Failure to sign this document would result in electricity not being made available to a stallholder.
1.24 Elektrisiteit Geen stalletjiehouer verkry ooit 'n inherente reg om elektrisiteit te gebruik nie. Elektrisiteitsgebruik is 'n tydelike voorwaardelike reg vir 'n spesifieke tydperk soos toegeken. Die voorgeskrewe kapitale bydrae soos deur die O.E.V bepaal, is betaalbaar deur elke gebruiker van elektrisiteit voordat elektrisiteit toegeken gebruik mag word. Die kapitale bydrae is eenmalig betaalbaar, nie terugbetaalbaar nie en nie oordraagbaar nie. Tariewe vir die gebruik van elektrisiteit kan van vakansietydperk tot vakansietydperk verskil. Tariewe word deur die O.E.V bestuur bepaal en is vooruit betaalbaar. In die geval van elektriese probleme waar die oorsaak van die probleem aan die stalletjiehouer en sy toerusting toegeskryf kan word, sal sodanige stalletjiehouer aanspreeklik wees vir die elektrisien en die herstelkoste - andersins sal sodanige herstelwerk vir die O.E.V se rekening wees.
1.24 Electricity No stallholder ever obtains an inherent right to use electricity. Electricity use is a temporary conditional right for a specific period as allocated. The prescribed capital contribution as determined by the I.E.A is payable by every user of electricity before electricity allocated may be used. The capital contribution is once off payable, not refundable and not transferable. Tariffs for the use of electricity can vary from holiday period to holiday period. Tariffs are determined by the I.E.A management and are payable in advance. In case of electrical problems where the cause of the problem can be attributed to the stallholder and his equipment such stallholder would be liable for the electrician and the repair costs - otherwise such repairs would be for the I.E.A. account.
Kapitale Bydrae: Sodra 'n kapitale bydrae gemaak is, sal dit geldig wees totdat die O.E.V ontbind het. Tot dan sal sodanige bydrae geldig wees vir enige vakansietydperk in die toekoms waarvoor uitstalruimte toegeken mag word, met dien verstande dat uitstalruimte met of sonder elektrisiteitsvoorsiening nie geeis kan word bloot op grond daarvan dat 'n kapitale bydrae gemaak is nie. 'n Kapitale bydrae gemaak verseker geen toekomstige toekenning van uitstalruimte te eniger tyd nie. Kort of lang onderbrekings tussen uitstaltydperke sal ook nie die geldigheid van 'n kapitale bydrae, sodra gemaak, beinvloed nie. Die lewering van 'n kapitale bydrae bevestig geen ander regte as sodanige tydelike regte wat van tyd tot tyd deur die O.E.V bestuurskomitee goedgekeur mag word nie.
Capital Contribution: Once a capital contribution has been made it will be valid until the I.E.A. has disbanded. Until then such contribution will be valid for any holiday period in future for which exhibiting space may be allocated with the understanding that exhibiting space with or without electricity supply cannot be demanded based solely on the fact that a capital contribution has been made. A capital contribution made insures no future allocation of exhibiting space at any time. Short or long interruptions between exhibiting periods will also not affect the validity of a capital contribution once made. The furnishing of a capital contribution confirms no other rights than such temporary rights which may from time to time be approved by the I.E.A. management committee.
Uitstalruimte met elektrisiteitsvoorsiening beskikbaar is vir diegene wat elektrisiteitsvoorsiening benodig en aan wie elektrisiteit voorsien kan word. In die geval dat so 'n persoon of persone aan wie uitstalruimte met elektrisiteitsvoorsiening toegeken is, verkies om van gas of 'n omsetter (inverter) met batterye in plaas van direkte elektrisiteitsvoorsiening gebruik te maak, kan sodanige uitstalruimte van hulle weggeneem word en hertoegeken word aan iemand wat direkte elektrisiteitsvoorsiening benodig. In die geval dat iemand die O.E.V vooraf in kennis stel van die voorneme om nie van direkte elektrisiteitsvoorsiening beskikbaar gebruik te maak nie, kan alternatiewe uitstalruimte aan so 'n persoon toegeken word indien beskikbaar. Enige toekenning van enige elektrisiteitsvoorsiening by enige uitstalgebied berus in die absolute diskresie van die O.E.V bestuur. Geen dispuut in hierdie verband sal oorweeg word nie.
Exhibiting space with electricity supply available is for those who need electricity supply and to whom electricity can be supplied. In case of such a person or persons to whom exhibiting space with electricity supply has been allocated elect to make use of gas or an inverter with batteries instead of direct electricity supply, such exhibiting space can be taken away from them and be re-allocated to somebody who needs direct electricity supply. In case of somebody notifying the I.E.A in advance of the intention not to make use of direct electricity supply available, alternative exhibiting space can be allocated to such a person if available. Any allocation of any electricity supply at any exhibiting area is vested in the absolute discretion of the I.E.A management. No dispute in this regard will be entertained.
Geen onderverhuring van elektrisiteit word toegelaat nie. Die gebruik van verlengkabels van een stalletjie na 'n ander is streng verbode.
No subletting of electricity is allowed. The use of extension cables from one stall to another is strictly forbidden.
Geen kragopwekkers sal toegelaat word nie.
No generators will be allowed.
Skade aan kraginfrastruktuur en/of slotte - Wie ook al enige skade veroorsaak, sal aanspreeklik gehou word vir enige koste om dit reg te stel.
Damage to power infrastructure and/or locks - Whoever causes any damage will be held accountable for any such cost to rectify.
LET WEL: Elektrisiteitsverbruik sal bereken word vanaf die 1ste handelsdag tot die laaste handelsdag, ongeag of u dalk nie vir sekere dae tussenin handel gedryf het nie - geen uitsonderings.
NOTE: Electricity usage will be calculated from the 1st day of trading till the last day of trading irrespective if you maybe didn't trade for certain days in between - no exceptions.
1.25 Reg van Toegang Voorbehou O.E.V uitstalruimte toegeken is op openbare grond gelee. Reg van toegang rakende enigiemand mag onder geen omstandighede deur enige stalletjiehouer voorbehou word nie. Enige probleem in hierdie verband moet onmiddellik by die O.E.V Beampte aangemeld word. Dieselfde bly in plek met toestemming van A.T.K.V op A.T.K.V grond.
1.25 Right of Admission Reserved I.E.A. exhibiting space allocated is situated on public ground. Right of admission concerning anybody may under no circumstances be reserved by any stallholder. Any problem in this regard must be reported to the I.E.A. Officer immediately. The same remains in place with permission from A.T.K.V on A.T.K.V ground.
1.26 Afkraak van Produkte Te Koop Aangebied Deur Ander Uitstallers: Dit kan as skadelike besigheidspraktyk beskou word om doelbewus die beeld van ander operateurs teenoor die algemene publiek, of enigiemand beskikbaar wat wil luister, te skaad. Indien u bewus is van 'n moontlike probleem wat u voel aangespreek behoort te word en u in besit is van die nodige bewyse, moet slegs die O.E.V Beampte in hierdie verband gekontak word. Kwaadwillige skinder versteur harmonie.
1.26 Rundown of Products Offered For Sale By other Exhibitors: It could be seen as harmful business practises to intentionally damage the image of other operators towards the general public or anybody available who cares to listen. If you are aware of a possible problem which you feel should be addressed and you are in possession of the necessary evidence then only the I.E.A. officer should be contacted in this regard. Malicious gossip disturbs harmony.
1.27 TERUGBETAALBARE DEPOSITO: Die hoofdoel van die depositostelsel is om te verseker dat die ooreengekome en bepaalde handelstydperk volgens die O.E.V komitee se besluit, wat seisoenaal kan verander, nagekom word.
1.27 REFUNDABLE DEPOSIT: The main aim of the deposit system is to ensure that the agreed upon and stipulated period of trading according to the I.E.A committee's decision, which can change seasonally, is adhered to.
ANDER OMSTANDIGHEDE WAARONDER DEPOSITO'S VERBEUR SAL WORD:
OTHER CIRCUMSTANCES WHEREBY DEPOSITS WILL BE FORFEITED:
- Vertrek voor die kontraktueel bepaalde datum.
- Oortreding of nie-nakoming van reels en regulasies.
- Enige gelde verskuldig aan die O.E.V of die Mosselbaai Munisipaliteit.
- Skade aan staanplekke of enige ander O.E.V, Munisipale of A.T.K.V eiendom.
- Enige ander kontrakbreuk wat na 7 Maart 2026 mag plaasvind.
- Aankoms later as die vereiste begindatum.
- Deur 'n skriftelike waarskuwing te ontvang.
- Deur die indiening van die aansoek aanvaar ek bogenoemde as bindend op my. Deur die O.E.V met foutiewe bankbesonderhede te laat wat dit verhoed om u deposito terug te betaal.
- Leaving before contractually stipulated date.
- Violation or noncompliance of rules and regulations.
- Any monies owing to the I.E.A. or the Mossel Bay Municipality.
- Damage to stands or any other I.E.A, Municipal or A.T.K.V property.
- Any other breach of the Contract that may occur after 7 March 2026.
- Arriving later than the required starting date.
- By receiving a written warning.
- By lodging the application, I accept the above as binding on me. By leaving the I.E.A. with erroneous bank particulars preventing it to pay back your deposit.
Belangrik! Terugbetaalbare deposito's sal voortaan slegs per EFT aan stalletjiehouers terugbetaal word na 'n daaropvolgende vakansieseisoen en met suksesvolle inspeksie in plek. Amptelike uitstaltydperk vir terugbetaalbare deposito doeleindes: Saterdag 12 Desember 2026 tot en met Saterdag 9 Januarie 2027. (29 Dae)
Important! Refundable deposits will henceforth only be paid back to stallholders by EFT after a subsequent holiday season and with successful inspection in place. Official exhibiting period for refundable deposit purposes: Saturday 12 December 2026 up and till Saturday 9 January 2027. (29 Days)
Die amptelike vakansietydperk vir O.E.V doeleindes begin op Saterdag 12 Desember 2026 tot en met 9 Januarie 2027. U mag nie voor Saterdag 12 Desember 2026 of na 9 Januarie 2027 handel dryf nie. Dit is die maksimum handelstydvenster wat toegelaat word - 29 dae in totaal. Handel vir die hele vakansietydperk is verpligtend vir almal - geen uitsonderings. Persone wat nie hieraan voldoen nie, sal nie weer vir stalletjieruimte die volgende jaar oorweeg word nie.
The official holiday period for I.E.A. purposes start on Saturday 12 December 2026 up and till 9 January 2027. You may not trade before Saturday 12 December 2026 or after 9 January 2027. This is the maximum trading time window allowed - 29 days in total. Trading for the whole holiday period is compulsory for everybody - no exceptions. Persons not adhering to this will not be re-considered for stall space the following year.
1.28 BETALING VAN GELDE - Totale bedrag deur u uitstaande:ALLE GELDE: Alle gelde moet direk in die ondergenoemde O.E.V bankrekening by ABSA inbetaal word. Slegs betaling in ZAR (Suid-Afrikaanse Rand), betaalbaar deur 'n Suid-Afrikaanse bank, sal aanvaar word. Geen betaling van oorsee in 'n ander geldeenheid, bv. US $ Dollar, Pond, Euro ens., sal aanvaar word nie.
1.28 PAYMENT OF FEES - Total amount outstanding by you:ALL FEES: All monies have to be paid directly into the under mentioned I.E.A bank account at ABSA. Only payment in ZAR (South African Rand) payable through a South African bank will be accepted. No payment from overseas in a different currency i.e. US $ Dollar, Pound, Euro etc. will be accepted.
U UNIEKE VERWYSING MOET DUIDELIK IN DIE VERWYSINGSPASIE OP DIE DEPOSITOSTROKIE GESKRYF WORD
YOUR UNIQUE REFERENCE MUST CLEARLY BE WRITTEN IN THE REFERENCE SPACE ON THE DEPOSIT SLIP
1.29 Laster: Die O.E.V sal genadeloos optree teen enigiemand wat die O.E.V as liggaam, enige lid van die O.E.V Komitee, enige lid van die Mosselbaai Munisipaliteit of werker van die Mosselbaai Munisipaliteit op enige wyse op enige plek openlik beledig, deur dissiplinere stappe in te stel of, waar geregverdig, regstappe te neem ooreenkomstig die wette van Suid-Afrika in plek.
1.29 Slander: The I.E.A will act ruthlessly against anybody who publicly insults the I.E.A as a body, any member of the I.E.A Committee, any member of Mossel Bay Municipality or worker of Mossel Bay Municipality in any way at any place by instituting disciplinary action or where warranted take legal action in accordance with the laws of South Africa in place.
LET ASSEBLIEF OP: In die geval dat u aansoek suksesvol is met die gevolg dat uitstalruimte aan u toegeken is, die volgende: Laaste dag vir betaling van alle gelde verskuldig aan die O.E.V is 1 November 2026. Indien u vir uitstalruimte aansoek gedoen het, word u versoek om te verseker dat u alle gelde verskuldig aan die O.E.V teen of nie later as 1 November 2026 sal kan betaal nie, aangesien verlenging vir betaling aan niemand gegee kan word nie - dit is die laaste datum vir betaling. Beplan asseblief u eie sake. In die geval van geen betaling sal uitstalruimte toegeken met onmiddellike effek gekanselleer word - geen uitsonderings.
PLEASE NOTE: In case of your application being successful with the result that exhibiting space has been allocated to you the following: Last day for payment of all money due to the I.E.A is 1 November 2026. If you applied for exhibiting space you are urged to ensure that you will be able to pay all money due to the I.E.A by or not later than 1 November 2026 as extension for payment cannot be given to anybody - this is the last date for payment. Please plan your own affairs. In case of no payment exhibiting space allocated will be cancelled with immediate effect - no exceptions.
1.30 Ek verstaan en aanvaar dat indien ek nie twee (2) dae na die amptelike verpligte begindatum op die aansoekvorm onder Deel A verskyn nie, my goedgekeurde stalletjieruimte, insluitende enige gelde betaal, verbeur kan word sonder die reg tot appel indien 'n ander stalletjie nie by my aankoms beskikbaar is nie.
1.30 I understand and accept that if I do not make an appearance two (2) days after the official must starting date on the application form under Part A that my approved stall space including any monies paid could be forfeited without the right to appeal if another stall is not available at time of my arrival.
1.31 BAIE BELANGRIK: LET ASSEBLIEF NOUKEURIG OP: Registrasie by Aankoms voordat enige opstel plaasvind. Niemand mag die perseel op enige uitstalruimte betree voordat by die mobiele kantoor geregistreer is nie. Voordat u begin handel dryf, maak asseblief seker dat u u kwitansie (bewys van betaling) by die O.E.V Mobiele Kantoor in Hartenbos afgehaal het. Indien u sonder hierdie kwitansie begin handel dryf, het die Verkeersdepartement die reg om u van u staanplek te verwyder, en u mag u deposito verloor. Bring u oorspronklike depositostrokie saam.
1.31 VERY IMPORTANT: PLEASE NOTE CAREFULLY: Registration at Arrival before any setup takes place. Nobody may enter premises on any exhibiting space before registering at the mobile office. Before you commence trading please ensure that you have collected your receipt (proof of payment) from the I.E.A Mobile Office in Hartenbos. If you commence trading without this receipt the Traffic Department has the right to remove you from your stand, and you may lose your deposit. Bring your original deposit slip with you.
1.32 Alle Kosstalletjies: (Insluitend biltong, lekkers, koek, koffie ens.) - Enigiemand wat werk met of onverseelde produkte bedien wat deur die mond geniet word, moet te alle tye toepaslike hoofbedekking dra om te voorkom dat hare ens. in eetware val. Geskikte hoofbedekking wat die kop behoorlik bedek, word vereis.
1.32 All Foodstalls: (Including biltong, sweets, cake, coffee etc.) - Anybody working with or serving unsealed products to be consumed by mouth must wear appropriate headgear at all times to prevent hair etc. falling into consumables. Suitable headgear to properly cover the head is required.
1.33 Betaling vir uitstalruimte/kansellasie: Let asseblief daarop dat wanneer uitstalruimte aan u toegeken is en daarvoor betaal is (hetsy deur u of deur iemand anders), geen terugbetaling tot na sodanige vakansietydperk (No Show), om watter rede ook al, oorweeg of gedoen sal word nie. 'n Terugbetaling sal slegs oorweeg word nadat 'n skriftelike versoek, vergesel van toepaslike dokumentasie en redes waarom sodanige terugbetaling gedoen behoort te word, ontvang is. So 'n finale besluit sal geneem word by die eerste O.E.V bestuursvergadering na 'n betrokke vakansietydperk. Indien so 'n versoek 'n vakansietydperk voorafgaan, sal dit indien moontlik voor die vakansietydperk getafel word. Nog die Voorsitter, nog enigiemand anders op die O.E.V bestuurskomitee, sal gemagtig wees of die bevoegdheid he om te eniger tyd so 'n finale besluit te neem.
1.33 Payment for exhibiting space/cancellation: Please note that when exhibiting space has been allocated to you and has been paid for (either by you or by somebody else) that no refund till after such a holiday period (No Show) for whatever reason will be considered or effected. A refund will only be considered after a written request accompanied by relevant documentation and reasons why such refund should be made has been received. Such a final decision will be made at the first I.E.A management meeting following a relevant holiday period. If such a request precedes a holiday period it would be tabled before the holiday period if possible. Neither the Chairman nor anybody else on the I.E.A management committee will be authorised or have the authority at any time to make such a final decision.
1.34 Vuurwerke Geen uitstaller mag op enige wyse enige vuurwerke hou, uitstal, verkoop of weggee nie. Geen vuurwerke mag op enige uitstalruimte teenwoordig wees nie - van toepassing op alle uitstallers, alle gebiede. Oortreding sal nie geduld word nie.
1.34 Fireworks No exhibitor is allowed to keep in any way, display, sell or give away any fireworks whatsoever. No fireworks may be present on any exhibiting space - applicable to all exhibitors, all areas. Transgression will not be tolerated.
1.35 Afvuur van 'n wapen Die afvuur van enige wapen (windbukse ingesluit) in u uitstalruimte - lewendige ammunisie of los skote ("blanks"). Geen windbuks mag oorgehaal of afgevuur word, selfs met niks in die kamer, om 'n geraas te veroorsaak nie. Streng verbode !!
1.35 Discharge of a weapon The discharge of any weapon (pellet guns included) in your exhibiting space - live ammunition or "blanks". No pellet gun may be cocked or discharged even with nothing in the chamber in order to cause a noise. Strictly forbidden !!
1.36 Die Munisipaliteit behou die reg van vrye toegang, sonder vooraf kennisgewing indien nodig, tot die gebied vir soveel van sy amptenare of werkers as wat nodig geag mag word, vir die doeleindes van inspeksie of herstelwerk aan of die gebied of enige van die dienste wat in/op/onder die gebied gelee is. Die Munisipaliteit is nie verantwoordelik vir enige verlies of skade wat mag voorkom as gevolg van die uitvoering van enige werk wat gedoen moet word, hetsy die verskuiwing van enige strukture of onderbreking van enige handel nie.
1.36 The Municipality retains the right of free access, without prior notification if necessary, to the area for as many of its officials or workers as may be deemed necessary, for the purposes of inspection or repairs to either the area or to any of the services that are situated in/on/under the area. The Municipality is not responsible for any loss or damage that may occur as a result of the execution of any work having to be done either to the moving of any structures or interruption of any trade.
1.37 Die Munisipaliteit sal ook nie verantwoordelik wees vir enige van die volgende nie:
1.37 The Municipality will also not be responsible for any of the following:
1.38 Enige verlies of skade aan persoonlike besittings of voorraad wat aan die huurder behoort.
1.38 Any loss or damage to personal belongings or stock belonging to the lessee.
1.39 Enige besering of lewensverlies van enige persoon as gevolg van enige aktiwiteit wat mag plaasvind op die gebied deur die huurder gehuur.
1.39 Any injury or loss of life to any person as a result of any activity that may take place on the area hired by the lessee.
1.40 Enige skade of verlies wat mag voortspruit uit enige onderbreking van enige munisipale diens onder/naby/op die gehuurde gebied, of enige skade/verlies wat mag voorkom weens lekkasies, storms, hael of enige ander natuurverskynsels.
1.40 Any damage or loss that may result from any interruption of any municipal service under/nearby/on the hired area or any damage/loss that may occur due to leaks, storms, hail or any other acts of nature.
1.41 Algemeen:
1.41 General:
- In ooreenstemming met die Arbeidswet mag niemand onder die ouderdom van 15 in diens geneem word nie.
- Alle stalletjiehouers aan wie uitstalruimte toegeken is, val onder die basiese diensvoorwaardes soos voorgeskryf in die Arbeidswet.
- Geen gasbottels (vol of leeg) mag na handelsure buite gelaat word nie.
- Dit is verpligtend vir elke stalletjiehouer om 'n geregistreerde, ten volle gediensde brandblusser te he.
- Die O.E.V skoonmaker te Hartenbos (Joubert Park) - dit is verbode vir enige stalletjiehouer om van haar te verwag om enigiets buiten haar amptelike pligte te doen - sy werk vir die O.E.V - nie vir enigiemand anders nie.
- In line with the Labour Law may nobody under the age 15 be employed.
- All stallholders to who exhibiting space has been allocated to fall under the basic conditions of employment as prescribed in the Labour Law act.
- No gas cylinders (full or empty) may be left outside after trading hours.
- It is compulsory for every stallholder to have a registered full serviced fire extinguisher.
- The I.E.A cleaner at Hartenbos (Joubert Park) - it is prohibited for any stallholder to expect from her to do anything apart from her official duties - she works for the I.E.A - not for anybody else.
1.42 Die Huurder Onderneem
1.42 The Lessee Undertakes
1.42.1 Om te verseker dat enige struktuur, artikel of toerusting wat op die staanplek gelee is en wat deel van die stalletjie vorm, met die nodige kundigheid en sorg geplaas word sodat dit geen risiko van gevaar inhou wat mag lei tot enige besering, skade of dood van enige persoon of persone nie. Dit is verbode om plaveisel te beskadig deur staalvoorwerpe daarin te dryf.
1.42.1 To ensure that any structure, article or equipment that is situated on the stand and that forms part of the stall is placed with the necessary expertise and care so that it constitutes no risk of danger that may result in any injury, damage or death to any person or persons. It is prohibited to damage paving by driving steel objects into it.
Enige skade aan plaveisel of infrastruktuur deur enige stalletjiehouer sal vir sy/haar eie rekening wees. Enige uitstalruimte moet voor opstel / aanvaarding deur sodanige stalletjiehouer geinspekteer word en enige afwykings moet vir rekorddoeleindes onmiddellik by die O.E.V mobiele kantoor aangemeld word.
Any damage to paving or infrastructure by any stallholder will be for his / her own account. Any exhibiting space must before setting up / acceptance be inspected by such stallholder and any discrepancies for the record immediately be reported to the I.E.A mobile office.
1.42.2 Die huurder onderneem, deur die voltooiing van hierdie kontrak, om die Munisipaliteit van Mosselbaai vry te stel en hierdie vrystelling te eerbiedig, teen enige en alle stappe, eise, vergoeding en koste wat gehef of gebring word teen die Munisipaliteit, of teen enige vergoeding wat die Munisipaliteit of enige persoon in sy diens of persoon wat namens hom optree, mag betaal of waartoe ingestem mag word as gevolg van enige nalatigheid aan sy kant as die Verhuurder.
1.42.2 The lessee undertakes, by completing of this contract, to release the Municipality of Mossel Bay and to honour this release, against any and all steps, claims, compensation and costs that are levied or brought against the Municipality, or against any compensation that the Municipality or any person in its employ or person acting on its behalf, may pay or agree to as a result of any negligence of its part as the Lessor.
Die uitstaller onderneem om alle reels en regulasies soos neergele deur die O.E.V, asook die Munisipale en A.T.K.V owerheid, na te kom en te eerbiedig. Die O.E.V Grondwet vorm 'n integrale deel van die reels wat in plek is. Die O.E.V behou die reg voor om enige reels, regulasies of reelings wat in plek is te verander nadat lede behoorlik skriftelik van so 'n voorneme in kennis gestel is. Sodanige veranderinge sal daarna as bindend op alle lede en uitstallers beskou word.
The displayer undertakes to adhere to and honour all rules and regulations as laid down by the I.E.A as well as the Municipal and A.T.K.V authority. The I.E.A Constitution forms an integral part of the rules that are in place. The I.E.A reserves the right to change any rules, regulations or arrangements that are in place after members have been duly notified in writing of such an intention. Such changes made will afterwards be considered binding on all members and displayers.
Ek, die ondergenoemde stalletjiehouer, aanvaar hiermee al die bogenoemde as bindend op my en verklaar dat ek die Aansoek (Deel A) en die Ooreenkoms (Deel B), asook die O.E.V Reels en Regulasies, bestudeer het en onderneem om daarby te hou.
I, the undermentioned stallholder hereby accept all of the above as binding on me and declare that I have studied the Application (Part A) and the Agreement (Part B) as well as the I.E.A Rules and Regulations, and agree to abide by it.